Verjaardag: Vrou
1. Jy is die hart van hierdie dag. Jy is ook die middelpunt van my wêreld.
2. Gelukkige verjaardag! Ek het jou lief van kop tot tone! Ja, selfs jou heupe wat jy dink is so breed!
3. Aan my liefdevolle vrou, op jou verjaardag. Met die beste wense, spesiale gedagtes, en baie trots, want dit is jou verjaardag, en omdat ek lief is vir jou.
4. Aan my vrou. Dit is 'n fees om my lewe met jou te deel. Die vreugdes van die lewe te deel met iemand
so spesiaal soos jy. Die goeie tye en die slegtes, die gelukkige tye en die hartseer dae, die probleme en
die prestasies. Dit is so lekker om jou drome te deel, met 'n liefde wat ek en jy altwee weet, elke dag
net sterker en sterker word!
Verjaardag: Man
1. Gelukkige verjaardag aan my man (naam), die man wat alles het. Jy is immers met my getroud!
2. Aan my man. Jou verjaardag het vir my spesiale betekenis. Ek is so bly daar is iemand soos jy in my
lewe. Ek het jou lief!
3. Aan my man (naam), op jou verjaardag. Kom on speel vanaand 'n raai-raai speletjie. So, watter
kanaal wil jy eerste kyk?
4. Gelukkige verjaardag aan my man (naam), 'n ou mana wat nog vinnig kan beweeg.....Van kanaal na
kanaal na kanaal......
Verjaardag: Ma
1. 'n Verjaardagwens van (naam). Ma, ek hoop Ma se verjaardag is spesiaal.....Net soos Ma!
2. Met liefde , Ma, van (naam). Op Ma se verjaardag. Die dankies wat dikwels nie gesê word nie, die
liefde wat baie min gewys word, die trots wat ek voel soos die dae verbygaan....Dit alles kom vandag
saam met hierdie kaartjie en, daar is altyd iets meer - 'n Spesiale wens vir alles waarvoor Ma nog
altyd gehoop het!
3. Gelukkige verjaardag aan Ma van (naam).....Van die kind waarsonder jou lewe baie leeg sal wees.
4. Gelukkige verjaardag van Ma se liefdevolle seun /dogter, (naam). Ma, jy word ouer, maar jy kan nie
beter word nie....Ma is alreeds die beste!
Verjaardag: Pa
1. Aan 'n fantastiese pa, met liefde van (naam). Gelukkige verjaardag aan die persoon wat alles het om
'n regtig great pa te wees!
2. 'n Spesiale verjaardagwens aan Pa van Pa se seun / dogter, (naam). Ek hoop Pa se dag is gevul met
liefde! Gelukkige verjaardag, Pa.
3. Dink aan Pa op Pa se verjaardag....En ek hoop pa se dag is so geseënd, dat Pa sal glimlag as Pa net
daaraan dink!
4. Verjaardagwense van (naam). Pa, ek het Pa nie gekies vir 'n pa nie....Maar as ek kon, dan sou ek!
Verjaardag: Suster
1. Gelukkige verjaardag, (naam), en ek wil net sê dis lekker om so 'n oulike suster soos jy te hê!
2. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam). Elke verjaardag is 'n nuwe begin. Lewe voluit! Mag
die jaar vorentoe vol geluk wees!
3. Aan my broer, (naam). Dit was lekker om saam met iemand soos jy groot te word - iemand om op te
steun, iemand om op te klik. Gelukkige verjaardag. En dankie!
4. (Naam), jy verdien 'n wonderlike verjaardag, want jy is 'n wonderlike ou. Ek dink die beste, mees
sinvolle ding wat ek vir jou kan wens, is dieselfde geluk wat jou ondersteuning en liefde aan my
gebring het oor die jare. Gelukkige verjaardag, boetie!
